Sondag 19 Oktober 2025 Stephan Briel
19 October 2025

Sondag 19 Oktober 2025 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Lees: Eks 17:8-16. 

Fokus: Eks 17:11. 

Om te lewe deur die geloof is om ook tegelykertyd al jou kragte in te span (deel 2).  

·       Terwyl Moses alles van God verwag en voorbidding doen op die heuwel, het Josua en sy manne onder geveg teen die Amalekiete. 

·       Wat jy glo kom uit in jou optrede. As jy iets glo, sal jy dit ook doen. As jy nie doen nie, is jou geloof maar net wensdenkery. 

·       Ons mense kan alleen waarlik deur die geloof lewe as die Heilige Gees ons die krag gee. 

·       Omdat Jesus nooit verander nie en vir ewig dieselfde is (Heb 13:7-8), is Hy die enigste egte voorwerp van ons geloof. 

·       Jy ontvang ‘n lewe van oorwinning as jy deur die geloof lewe. 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

·       Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? 

·       Wat is die 2 kenmerke van ‘n opregte lewe deur die geloof? 

·       Wat is die verskil tussen wensdenkery en opregte geloof? 

·       Wat is die toets vir opregte geloof? 

·       Hoekom is Jesus die enigste egte voorwerp van ons geloof?