About
Teks: Hand 2:37-47.
Hoe lyk dissipelskap?
Dissipelskap beteken om `n leerling en `n volgeling van Jesus te wees en te bly. In Handelinge 2:37 – 47 sien ons iets van hoe dit lyk om Jesus te volg. Dit is soos `n baba-foto van die kerk. Die konteks is na die uitstorting van die Heilige Gees en na Petrus se preek op Pinkster – vra die mense wat moet hulle doen? Dit is die regte vraag om te kan groei in ons verhouding met die Here. Ook ons moet vra wat kan óns doen in ons reaksie op die werk van God se Woord en die werk van God se Gees. In hierdie preek gaan ons kyk na 7 aspekte van dissipelskap en die sewende aspek gaan oor hoe om seker te maak dat ons dissipelskap gesond kan bly.