
About
Lees: Eks 15:20-27.
Fokus: Eks 15:24-26.
Die Here genees bitterheid.
· Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang.
· Elke beproewing in die woestyn maak jou bitter of beter.
· Soos die bitterheid van die lewe gekom het deur ‘n boom (van kennis van goed en kwaad), so sal ook die genesing kom deur ‘n boom – die boom van die kruis op Golgota (Gal 3:14,14).
· Die Here openbaar Homself as Jahweh Rofêga – die Here jou Geneser.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God?
· Wat is nodig sodat die beproewinge in die woestynfase jou beter kan maak?
· Hoe genees die Here die bitterheid in ons lewens?