Sondag 12 April 2026 Stephan Briel
12 April 2026

Sondag 12 April 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Lees: 2 Kor 4:16-5:10.

Fokus: 2 Kor 4:16-18. 

Die versekering van toekomstige heerlikheid vul die hede met volharding en moed. 

·       Dissipels van Jesus Christus gee nie tou op nie, maar word daagliks innerlik vernuwe (v.16). 

·       Teenswoordige verdrukking is deel van die sigbare dinge, maar die heerlikheid van die toekoms hoort by die onsigbare dinge (v.18). 

·       Paulus minimaliseer nie die swaarkry van ons fisiese bestaan nie, maar vergroot die ewige heerlikheid (v.17). 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

·       Wat beteken dit om daagliks innerlik vernuwe te word? 

·       Beskryf die drie redes wat Paulus gee in vers 17 waarom ons nie moed verloor nie wanneer ons met lyding en beproewing te doen kry. 

·       Hoe kan ons die onsigbare waarneem?