
Lees: 2 Tim 3:1-17.
Fokus: 2 Tim 3:14-17.
Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord.
1. Die bedrieërs wat jou wil verlei
· Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse en Griekse godsdienste.
· Volgens die bedrieërs aanbid alle godsdienste dieselfde God, elkeen net op sy eie manier.
2. God roep jou om te lewe uit sy Woord
· Ons het 2 wapens teen die bedrieërs: Die Bybel en die onderrig van betroubare leermeesters.
· Kenmerke van ‘n betroubare leermeester: (1) Woord is sentraal, (2) lewe en prediking is gerig op God, (3) lewe en prediking is Geesvervuld.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Kry jy te doen met ‘n vermenging van godsdienste? Verduidelik
· Gee die beskrywing van ‘n betroubare leermeesrter.
· Hoe kan jy vervul word met die Heilige Gees?