Skip to content
Opens in a new window
Hoekom moet jy stem? | DA se Dirk Kotzé en Leon van Dyk oor die 2026 Munisipale Verkiesing
24 October 2026

Hoekom moet jy stem? | DA se Dirk Kotzé en Leon van Dyk oor die 2026 Munisipale Verkiesing

BAASRAAK RADIO

About
Waarom is jou stem belangrik in die 2026 munisipale verkiesing, en hoe werk die verkiesing van raadslede?



In hierdie derde betaalde politieke onderhoud op **Munisipale Sake | Heartbeat FM** gesels Freek Vermaak met Mosselbaai se DA-burgemeester, Dirk Kotzé, en Leon van Dyk oor die belangrikheid van stemreg, die verskil tussen wyksraadslede en proporsionele raadslede, hoe politieke partye verteenwoordiging in die munisipale raad verkry en die rol van partypolitiek in plaaslike regering.



Ons bespreek ook waarom kiesers aan munisipale verkiesings behoort deel te neem en deel praktiese veiligheidswenke vir die verkiesingstyd en komende vakansieseisoen.



**VRYWARING:** Hierdie is 'n betaalde politieke onderhoud namens die Demokratiese Alliansie (DA). Die standpunte en menings wat uitgespreek word, is dié van die gaste en verteenwoordig nie noodwendig die standpunte van Heartbeat FM of sy aanbieders nie. Heartbeat FM moedig alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners aan om ingeligte besluite te neem en hul demokratiese stemreg uit te oefen. **Jou stem maak 'n verskil!**



**Munisipale Sake | Heartbeat FM**

103.9 FM Tuinroetekus | 104.7 FM Oudtshoorn